JOIN OUR MAILING LIST

 Dit is hier! Hoe Definisie (HD) beelde en klank uitsendings direk in jou sitkamer. DStv-kykers kan die volle potensiaal van hul HD-televisies via DStv geniet en al die aksie en drama soos nog nooit tevore nie beleef - en dit is slegs die begin van die HD-revolusie! Die beste manier om al die betowering van HDTV te kry, is op 'n Sony BRAVIA LCD HD TV.


In 'n perfekte vermenging van hardeware en uitsaai-tegnologie, span DStv en Sony saam om dit vir die kyker maklik te maak om na HDTV oor te skakel. Met jou HD Ready TV sal jy instaat wees om pragtige lewensgetroue beelde te sien en ongelooflike klank, alles te danke aan jou gunsteling uitsaaier.

Wat is HDTV?

Die eerste vraag wat baie kykers vra, is wat is HD? Met ander woorde: Is dit die moeite werd om in HD-tegnologie te bele? 
HD is die volgende generasie TV-kykgenot en vermaak en dit gaan die premium standaard vir TV-programme wereldwyd word. Dit bied jou hoer resolusie deur tot 1 080 skandeerlyne te gebruik, wat jou dubbeld die kwaliteit en helderheid van konvensionele 525-lyn analoog-TV gee.

Wat is wyeskerm?


Die flieks en programme wat in HD verfilm is, het 'n 30% wyer verhouding (rasio) en staan bekend as 16:9, terwyl die Standaard verhouding (rasio) is 4:3.

Voordele van HDTV:

HD-televisie gee vir jou vlymskerp beelde in kristalhelder kwaliteit en ongelooflike lewensgetroue kleur.
HDTV versend ook audio in omringende kland (5.1 channel) op geselekteerde programme - dit verskaf regtig 'n pragige, ongelooflike kykervaring met 'n groot impak. HD-seine word na jou huis uitgesaai waar 'n dekodeerder dit sal ontvang en vir jou omskakel - jy sal dan instaat wees om die wonnderlike krag en realisme van Hoe Definisie TV kan ervaar.

Sony en HD:

Sony het 'n HD-geskiedenis wat van 1981 dateer toe hulle die eerste analoog HD-videostelsel ontwikkel het. 'n Groot hoogtepunt was in 2000 toe die fliek Star Wars - Episode II volledig in HD verfilm is. Deesdae begin HD al hoe meer 'n huishoudelike term word en Sony het 'n weergalose reeks HD-toegeruste produkte soos Sony PlayStation 3, Blu-ray DiscTM speler/opnametoestel, VAIO-skootrekenaar, Handycam-videokamera's en Cyber-shot digitale kamera's.

HDTV - die toekoms:

In samewerking met DStv, sal Sony elke oomblik seker maak dat die kyker die volledige HD-ervaring beleef - moeiteloos en maklik.









Photo Gallery